Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Verkragter kry 20-jaar tronkstraf
Illustrasie foto: Luis Galvez on Unsplash

’n Manlike verkragter is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ’n 26-jarige vrou op Batlharos buite Kuruman verkrag het.

Pako Pakoeng is in die Mothibistad streekshof skuldig bevind aan verkragting.

Kaptein Olebogeng Tawana, woordvoerder vir polisie het gesê die voorval het reeds op 26 Januarie 2019 plaasgevind.

Pakoeng het sy slagoffer agtervolg tot by haar woning waar hy haar gegryp en verkrag het.

Volgens die polisie sou dié 26-jarige vrou ook die slagoffer van ‘n tweede geval van verkragting wees deur ‘n ander manspersoon, maar sy kon daarin slaag om te vlug en die saak by die polisie aanmeld.

Tawana het gesê die polisie verwelkom die Pakoeng se vonnisoplegging.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES