Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Polisie vang boef ná plaasaanval
Foto: saps.gov.za

Een van ses gewapende verdagtes is vandeesweek in hegtenis geneem deur die polisie op Niekerkshoop in die Noord-Kaap.

Die verdagtes het ’n 60-jarige boer op sy plaas naby Niekershoop aangeval en besteel.

Brigadier Mohale Ramatseba, ’n woordvoerder vir die polisie het bevestig dat die verdagtes die plaasboer in sy huis kluisenaar gehou het.

Die verdagtes het die boer aangerand en gevlug met sy enkelkajuit Toyota bakkie.

Die polisie het daarin geslaag om die bakkie sowat 15 kilometer buite Griekwastad in die rigting van Groblershoop, op te spoor.

Die slagoffer is in die hospitaal opgeneem vir behandeling van sy wonde.

Een van die verdagtes is gister in hegtenis geneem en sal na verwagting môre, 26 Maart, in die hof verskyn.

Die vyf ander verdagtes is nog op soek.

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *