Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Plaaslike taakspan opsoek na skuiling vir haweloses
Daar is planne in sig vir skuiling vir haweloses op stortingsterrein. Foto: Bernadine Hearn.

Die Namakwa distriksmunisipaliteit in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling en ope-regeringsvennootskappe het die kwessie van haweloses in ‘n sitting vanoggend ter tafel gelê.

In ‘n persverklaring wat deur dié beheer-munisipaliteit uitgereik is, word daar onvermoeid aan planne gewerk om veilige skuillings te identifiseer vir haweloses in die distrik.

Dié span is egter tans in die proses om geboue in en rondom die distrik te identifiseer vir haweloses en persone wat op die munisipale stortingterrein in Vaalwater, Bergsig woon.

Die verklaring lui dat verdere gesprekke ook later sal volg met geestelike leiers, department van gesondheid en die polisie oor hoe hierdie persone gehelp kan word.

Maatskaplike dienste is gereed met dienste soos kospakkies, komberse, wasgeriewe en matrasse sodra ‘n geskikte lokaal geïdentifiseer word.

“Rolspelers wat deel is van die taakspan werk onverpoosd om die beste moontlike sorg aan ons gemeenskap te lewer tydens hierdie pandemie.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES