Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Vermeende perlemoenstropers op Port-Nolloth gevang
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

Twee verdagtes tussen die ouderdomme van 15- en 36-jaar oud het vandag voor die Springbok-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van perlemoen.

’n Provinsiale woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê die duo het ook die landwye inperkingsreëls oortree.

Na bewering was lede van die Port-Nolloth polisie gister besig om aan die kuslyn te patrolleer toe hulle ’n verdagte voertuig opmerk naby die perlemoenplaas.

Mnisi het gesê dat die polisie opgetree het en ’n deeglike ondersoek geloods het.

Die polisie het ’n sak nat perlemoen met ’n geraamde straatwaarde van R6 000 gekonfiskeer.

Albei verdagtes is onmiddelik gearresteer.

Die 15-jarige verdagte is met die hulp van ’n korrektiewe beampte in die sorg van sy ouers vrygelaat.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES