Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Afrika-burgers beleef glo ‘intimidasie’ en ‘viktimisering’ deur Chinese owerhede
Illustrasie foto: Norbu Gyachung on Unsplash.

Die DA het Dinsdagoggend in ’n verklaring gesê die party veroordeel ten sterkste die Afrofobiese diskriminasie en onbillike behandeling van Afrikane onder die Chinese owerhede.

Dit kom nadat baie Suid-Afrikaners in Guangzhou in China dakloos gelaat is nadat dié regering hulle glo blameer vir die skerp toename in ‘ingevoerde’ coronavirusgevalle.

Die Amerikaanse nuusreus CNN het berig Suid-Afrikaanse huurders is uit hul huise gesit en van hotelle weggewys, alhoewel baie mense beweer dat hulle geen onlangse reisgeskiedenis of kontak met Covid-19-pasiënte gehad het nie.

’n DA’se parlementslid, Noko Masipa het gesê met president Cyril Ramaphosa as die voorsitter van die Afrika-unie, is dit van kritieke belang dat Suid-Afrika help om hierdie situasie te herstel.

“Dit is daarom baie belangrik dat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) die parlement inlig oor sy plan van aksie, asook die status van Suid-Afrika se huidige verhouding met China, in die lig van die herroeping aan die Chinese ambassadeur uit Suid-Afrika.

Die DA meen dat menseregte en individuele vryhede beskerm moet word, ongeag die uitbreek van siektes.

“Wet en orde moet uitgevoer word op ’n wyse wat billik, regverdig, nie-diskriminerend is en gelyk is aan alle mense wat in enige land in die wêreld woon. Dit het ook betrekking op toetsing wat uitgevoer word op ’n wyse wat ook billik en nie-gewelddadig is nie.”

CNN het onderhoude gevoer met meer as twee dosyn Afrikane wat in Guangzhou woon, waarvan baie van dieselfde ervarings vertel het: om sonder ’n huis gelaat te word, onderworpe is aan ewekansige toetse vir Covid-19 en 14 dae in kwarantyn in hul huise was, ondanks dat daar geen simptome of kontak met besmette pasiënte was nie.

Gesondheidsowerhede in die provinsie Guangdong en die Buro vir openbare veiligheid in Guangzhou het nie op CNN se versoek om kommentaar gereageer nie.

Volgens CNN sê Afrika-burgers dat plaaslike vyandigheid teen hul teenwoordigheid niks nuuts is nie. Maar toe koronavirusgevalle vandeesmaand in die Afrika-gemeenskap na vore kom, het dit die huidige spanning verskerp.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES