Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man in hof vir verkragting van bejaarde
Foto: Cristian Newman op Unsplash

Die polisie op De Aar het oor die naweek ‘n 37-jarige man in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n bejaarde vrou.

Die skokkende voorval het Saterdag-oggend omstreeks 02:00, by die slagoffer se huis in die Noupoort-omgewing plaasgevind.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die 82-jarige slagoffer het geslaap  toe die verdagte by haar woning ingebreek het.

Die bejaarde vrou het daadkragtig probeer om die indringer af te veg.

Ramatseba het bevestig dat die slagoffer verwurg en verkrag was.

Die bejaarde vrou het mediese behandeling ontvang in die plaaslike hospitaal vir ligte beserings aan haar nek.

Die slagoffer het ná die insident van die toneel gevlug en die polisie het ‘n intensiewe soektog van stapel gestuur.

Ramatseba het bevestig dat die verdagte gistermiddag, omstreeks 15:00 in die namiddag gearresteer is.

Die verdagte sal vandag voor die landdroshof in Noupoort, De Aar verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES