Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Kwesbare landsburgers sal deur regering bygestaan word
Illustrasie foto: Jason Milford

Na gisteraand se toespraak deur die President, kan kwesbare individue ook nou uitsien na ‘n blykie verligting.

Die nasionale staatsinperking as gevolg van die koronavirus-pandemie, het so baie mense en besighede aan die korter end laat trek.

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die regering R50-miljard sal bewillig om die kwesbares in Suid-Afrika finansieël te help.

Ramaphosa het gisteraand gesê die regering sal kindertoelae vir ses maande tydelik verhoog.

Dit beteken dat begunstigdes van kindertoelae in Mei ‘n ekstra R300 sal ontvang en vanaf Junie tot Oktober elke maand ‘n ekstra R500 sal ontvang.

Die President het gesê alle ander begunstigdes vir die volgende ses maande ‘n ekstra R250 per maand sal ontvang.

Werkloses sal R350 ontvang.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES