Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Namakwa – Misdaad verminder gedurende inperking
Brigadier Hender

Die polisiehoof van die Namakwa distrik, Brigadier Francis Hender het in ‘n onderhoud aan NFM Nuus gesê die inperkingsregulasies het ‘n drastiese afname in misdaad meegebring.

Misdaad het met 44-persent gedaal en dwelmverwante sake het met 15-persent.

Hender het gesê baie arrestasies is reeds gemaak en verskeie boetes vir inperkingsoortredings is ook opgelê.

Selfs lede van die polisie was ook geboei vir die verontagsaming van die regulasies.

Hy het daarna verwys dat die verbod op die verkoop van alkohol en sigarette ‘n bydraende faktor is tot die afname in misdaad.

“Alle tavernes en drankwinkels word ook dopgehou om seker te maak dat drank nie daar uitgesmokkel word om te verkoop of dit by ander plekke te gaan berg nie.

Daar sal op hul drank beslag gelê word,” het Hender gesê.

  • Klagtes was ontvang van drank verkope in die Kamiesberg-streek en Carolusberg en alle inligting was  opgevolg wat ontvang was oor drank verkope.
  • In die Khai-Ma area was lede van die polisie gearresteer, twee lede was in Pofadder geareesteer vir dronk bestuur en ook dat hulle die rampbestuur regulasies verbreek het.
  • In die een geval het ‘n persoon drank aan ‘n polisiebeamte verkoop en die beampte drank gegee om op ‘n sekere plek te gaan bêre.
  • Die polisie het ook op 200 bottels bier beslag gelê en die eienaar was aangekla en verdere ondersoeke duur voort.

“Die polisie is nie verhewe bo die wet nie, daarom gaan daar aanbevelings gemaak word om die lede wat die regulasies oortree het, te skors,” het Hender gesê.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES