Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Reuse gesondheidsbegroting om te reageer op koronavirus-pandemie
Cyril Ramaphosa Foto: gov.za

President Cyril Ramaphosa het gisteraand die nasie toegespreek oor die koronavirus-pandemie wat ‘n groot negatiewe uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie het.

Dié pandemie het die lewens van alle Suid Afrikaners ontwrig en die ekonomie beskadig.

Daar word verwag dat die erns daarvan in die komende weke en maande sal toeneem.

Die pandemie het gelei tot die skielike verlies aan inkomste vir ondernemings en individue.

Die dringende en dramatiese maatreëls wat die regering in plek gestel het om die verspreiding van die virus te vertraag, was noodsaaklik.

Die President het aangekondig dat ‘n buitengewone begroting in die nasionale gesondheidsektor benodig sal word.

Ramaphosa het gesê dat die impak van die koronavirus ‘n spesiale begroting van ongeveer R500 miljard aangewend sal word vir die verkryging van hulpbronne om die pandemie te beveg.

‘n Bedrag van R20 miljard sal aan verdere pogings bewillig word as ekstra maatreëls om die pandemie aan te spreek.

Hierdie pogings sluit in siftingstoetse van alle Suid Afrikaners.

Landsburgers word steeds gemaan om ‘n veilige distansie te handhaaf en die inperking te respekteer.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES