Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man gevang met ongelisensieërde vuurwapen
Foto: Verskaf

Die polisie op Modderrivier het gister ‘n man in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen.

Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het die voorval bevestig.

Mooi het gesê inligting het gelei na die verdagte se huis in die Rietvale-omgewing waar die vuurwapen versteek was.

Mooi het gesê ondersoeke het onthul dat die vuurwapen in die Tsineng-area gesteel is.

Een manlike verdagte is in hegtenis geneem en 14 ander persone wat in die huis gevind is, is boetes opgelê weens die oortreding van die Rampbestuurswet.

Die gearresteerde verdagte sal na verwagting binnekort voor die hof verskyn.

Die polisie ondersoeke duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES