Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man vas vir oortreding van rampbestuurswet
Image: saps.gov.za

Die polisie op De Aar het oor die naweek ‘n 33-jarige man in hegtenis geneem vir die onwettige vervoer van drank.

Die polisie het die verdagte motor waargeneem en gestop om ondersoek in te stel.

Drank was in die motor se bagasiebak ontdek met ‘n geraamde waarde van R5 000.

Die drank is gekonfiskeer en die verdagte is in hegtenis geneem.

Die verdagte is aangekla vir die verontagsaming van die Rampbestuurswet, weens die versuim om by sy woonplek te wees.

Hy word ook aangekla vir die onwettige vervoer van drank tydens die nasionale staatsinperking.

Die verdagte sal binnekort voor De Aar landdroshof verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES