Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee buitelanders vas vir R70 000 se dwelms
Foto: Verskaf

Twee buitelande mans is gister in die vroeë oggendure gearresteer op Kathu.

Die polisie het inligting ontvang en dit opgevolg oor dwelmhandel by ‘n huis in die Siyathemba-omgewing.

Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die polisie met die hulp van ‘n lasbrief toegang tot die huis verkry het.

Met die polisie se besoek aan die perseel het hulle Crystal meth, TIK, Rock, CAT en dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R70 000 gevind.

Foto: Verskaf

Hulle het ook ‘n kontantbedrag van R9 190 gekonfiskeer, wat glo dien as opbrengs van die verkoop van die dwelms.

Gamieldien het gesê dat die polisie die twee verdagtes van onderskeidelik 28 en 38 jaar gearresteer het.

Die twee buitelandse verdagtes sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op ‘n klag van dwelmhandel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES