Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Duisende rande se drank op Olifantshoek gekonfiskeer
Illustrasie foto: chuttersnap on Unsplash.

Die polisie op Olifantshoek het oor die naweek ‘n manlike verdagte in hegtenis geneem vir die onwettige vervoer van alkohol.

Dit kom nadat die polisie inligting ontvang en opgevolg het dat ‘n bestuurder van ‘n bottelstoor drank in die area vervoer.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê dat die Kuruman honde-eenheid ook hulp aan die Olifantshoek polisie verleen het met die arrestasie van die verdagte.

Die polisie het die verdagte se bakkie opgespoor en bier, whisky, wyne en ander dranksoorte van die verdagte gekonfiskeer.

Kock het gesê dat die drank na beraming R30 000 werd is.

Die verdagte is tans in aanhouding op Olifantshoek en sal binnekort in die landroshof verskyn.

Die polisie ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES