Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Pa verkrag glo dogter – en dreig om naakfotos op sosiale media te versprei
Illustrasie foto: Luis-Galvez

’n 52-Jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem vir die herhaaldelike verkragting van sy biologiese 22-jarige dogter.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het in ’n verklaring bevestig die man is in Galeshewe, ‘n woonbuurt in Kimberley, in hegtenis geneem.

Daar word beweer dat die pa sy dogter sedert 2018 tot op 25 April vandeesmaand, herhaaldelik verkrag het.

Ramatseba het gesê die pa het glo sy dogter afgepers deur te sê hy sal haar naakfotos op sosiale media plaas, sou sy die aap uit die mou laat.

“Die slagoffer het haar pa op 25 April by die polisie aangegee en hy is op 29 April suksevol in hegtenis geneem.”

Die verdagte het reeds vandag voor die Galeshewe-landdroshof verskyn op ’n aanklag van verkragting.

Ramatseba het verderder gesê dat borgtog teengestaan sal word en die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES