Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Gewapende Kuruman-rowers deur Valke platgetrek
Image: saps.gov.za

Die Valke in die Noord-Kaap het oor die naweek ‘n 36-jarige man gearresteer in verband met huisroof.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het bevstig dat vier gewapende mans verlede jaar in Oktober ‘n privaat woning beroof het.

Na bewering het die verdagtes na die woning op Kagung gegaan op soek na geld wat daar aangehou was.

‘n Gesin is aangeval en beroof van ‘n onbekende bedrag geld en elektroniese toestelle.

Die rooftog is by die plaaslike Valke-kantoor aangemeld en ‘n soektog is onmiddellik geloods.

‘n Motor wat soos dié van die verdagtes lyk, is in Mothibastad raakgesien.

Mnisi het gesê by nadere inspeksie van die voertuig is twee verdagtes in hegtenis geneem en die ander twee kon daarin slaag om te ontsnap.

‘n Derde verdagte is ‘n maand later ook in Kuruman gearresteer.

Die meeste van die gesteelde items is deur die polisie teruggevind.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES