Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Sekuriteitswag skiet man in die gesig ‘oor masker’
Illustrasie foto: Max Kleinen on Unsplash

Die polisie in Kimberley het ‘n 37-jarige veiligheidswag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n kliënt in die gesig skiet.

Dit kom nadat die kliënt glo versuim het om ‘n masker te dra op die eerste dag van die Vlak 4-inperking.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê dat die veiligheidswag, Vrydag 01 Mei, omstreeks 17:20 toegang tot die winkel by ‘n vulstasie in Kimberley beman.

Na bewering het die sekuriteitswag toegang tot ‘n 36-jarige kliënt, wat nie ‘n gesigsmasker na die winkel gedra het nie, geweier.

Daarna het ‘n argument tussen die sekuriteitswag en die kliënt ontwikkel.

Die onderonsie het gelei dat die kliënt na in die gesig geskiet is.

Die slagoffer is na die plaaslike hospitaal gehaas vir behandeling.

Ramatseba sê die veiligheidswag is in hegtenis geneem en die vuurwapen wat gebruik is, is gekonfiskeer vir verdere ondersoeke.

Die verdagte se saak is vroeër die week in die Kimberley-landdroshof aangehoor.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES