Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Namakwa polisie trek dwelmsmouse vas
Foto: Verskaf

Die polisie in die Namakwa-distrik het onlangs groot suksesse opgelewer in die bekamping van misdaad tydens ‘n COVID-19 inperkingsoperasie.

Dit kom nadat die polisie inligting opgevolg het rakende dwelmhandelaktiwiteite op ‘n verdagte perseel in die Springbok, Okiep-area.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die polisie Mandrax-tablette ter waarde van meer as R160 000 gekonfiskeer het.

Foto: Verskaf

Nadat die perseel deeglik fyngekam is, het die polisie die dwelmhandelaars van 58, 49 en 39 jaar oud gearresteer.

Ramatseba het gesê die drie verdagtes sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

Intussen, ook tydens diè COVID-19 inperkingsoperasie het die polisie boetes ter waarde van R4 500 uitgereik teen gemeenskapslede wat die inperkingsregulasies verontagsaam.

Individue word dus gemaan om tydens die nasionale staatsinperking, tuis te bly en ten alle tye die Nasionale Wet op Rampbestuur gehoorsaam.

Om verder te verseker dat alle veiligheidsmaatreëls noukeurig en deeglik gevolg word, het die polisie ook voldoeningsinspeksies uitgevoer by verskeie winkels op Springbok en omliggende areas.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES