Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Noord Kaap het nou 30 positiewe COVID-19 gevalle
Illustrasie foto:Viktor Forgacs on Unsplash

Die Noord-Kaap het onlangs 30 positiewe COVID-19 gevalle bevestig.

Die Noord-Kaapse Gesondheidsdepartement het egter een nuwe COVID-19 geval bevestig.

Die geval is een van ‘n 65-jarige man van Kimberley.

Hy het positief getoets vir COVID-19 toe hy opgeneem is vir ‘n operasie wat nie met die coronavirus verband hou nie.

Daarna was hy ontslaan na sy huis in die ZF Mgcawu-distrik.

‘n Span wat kontaksporing in die area doen, het met hom vergader om die nabye kontakte te identifiseer en te kontroleer.

In ‘n ander COVID-19 verwante sterfgeval, was ‘n slagoffer opgeneem vir ‘n aanhoudende chroniese siektetoestand, ook geen verband met die coronavirus nie.

Die vrou wat gesterf het in die John Taolo Gaetsewe-distrik gewoon.

Die opsporingspan het met die familie vergader en alle kontakte geïdentifiseer en getoets.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES