Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

19-Jarige steek man dood na hulle stry oor kos
Illsutrasiefoto: Sebastian Pociecha op Unsplash

‘n 41-jarige man was vroeër die week doodgesteek tydens ‘n onderonsie op Boetsap in die Noord-Kaap.

Brigadier Mohale Ramatseba het die voorval bevestig nadat die twee oor kos gestry het toe die insident plaasvind.

‘n 19-Jarige verdagte is vir die moord op die oorledene, geïdentifiseer as Jaftha Motlatsi Stona in hegtenis geneem.

Die verdagte en slagoffer was plaaswerkers en was na bewering op ‘n jagtoer saam met hul werkgewer.

Die man is op die toneel deur lede van die mediese noodeenheid as dood verklaar.

Sowel die oorledene as die verdagte is van Carletonville in Gauteng afkomstig.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES