Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Upington-polisie boei twee buitelanders wat drank tydens inperking verkoop
Foto: Verskaf
Die polisie op Upington in die Noord-Kaap het vroeër vandeesweek twee buitelandse mans in hegtenis geneem toe die polisie drank ter waarde van R 48 164 in hul besit gevind het.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Sampie Koopman het gesê die polisie het die verdagtes by ‘n huis in die Progress-woonbuurt in hegtenis geneem.
Koopman sê die polisie het op ‘n wenk gereaggeer dat die verdagtes na bewering drank tydens die nasionale staatsinperking verkoop.
“Die polisie is bewus van mense wat steeds die Rampbestuurswet oortree deur onwettig handel te dryf in alkohol en siggarette.”
Volgens Koopman word die gemeenskap finansieël geknou met die onwettige verkope van drank en alkohol met pryse wat die hoogte ingeskiet het.
Die duo sal binnekort in die plaaslike landdroshof op Upington verskyn.
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES