Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Paartjie in hegtenis vir R20 000 se Mandrax
Foto: Verskaf

Die polisie op Olifantshoek het gister ‘n man en ‘n vrou in hegtenis geneem tydens ‘n padblokkade in die gebied.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesĂȘ dat die polisie ‘n sak met 100 Mandrax-tablette van die twee verdagtes gekonfiskeer het.

‘Die dwelms was onder ‘n sitplek in hul blou Daihatsu Terios, gevind.’

Die geraamde straatwaarde van die dwelmmiddels is R20 000.

Die verdagtes is aangekla vir die besit van dwelms en sal binnekort in die Olifantshoek-landdroshof verskyn.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES