Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Verdagte in hegtenis vir half-miljoen rand se dagga
Image: saps.gov.za

Die polisie op Kimberley het Donderdag, 14 Mei inligting opgevolg oor dagga wat verkoop word in die Transit Camp-area, ‘n informele woongebeid in Galeshewe.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê dat die polisie ‘n 38-jarige man in hegtenis geneem het vir die handel in dwelms.

Dit kom nadat die polisie 27 sakke dagga in die verdagte se besit gevind het.

Foto: Verskaf

‘Die polisie het 105 kg dagga gekonfiskeer met ‘n beraamde straatwaarde van R525 000 ‘, het Kock gesê.

Die verdagte is tans agter tralies en sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn, op ‘n klag van dwelmhandel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES