Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

COVID-19 gevalle styg tot 37 bevestigde gevalle
Illustrasie foto:Viktor Forgacs on Unsplash

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister aangekondig dat nog twee nuwe COVID-19 gevalle in die Noord-Kaap bevestig is.

Dit bring die totale aantal mense wat positief getoets het op 37 te staan.

Daar het alreeds 24 mense herstel, wat diè provinsie met 13 aktiewe gevalle gelaat het.

Die dodetal in Suid-Afrika het met nog drie tot 264 gestyg.

Die getal nuwe infeksies het skerp gestyg na 15 515, na 1 160 nuwe gevalle bevestig is.

Meer as 7 006 pasïente landwyd, het tot op hede herstel.

 

Die nuwe bevestigde gevalle in die Noord-Kaap is die van ‘n 60-jarige persoon in die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit en ‘n 45-jarige persoon in die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit.

Albei nuwe gevalle was in die Frances-Baard Distrik bevestig.

 

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid sê dat dit belangrik is om alle veiligheidsmaatreëls, noukeurig te volg.

Effektiewe handhigiëne is belangrik.

Die gereelde was van jou hande met seep en water of die gebruik van alkohol-gebaseerde handontsmettingsmiddel kan help om virusse te vermy.

Deur met vuil hande aan jou gesig (oë, neus en mond ) te vat, kan die virus jou liggaam binnidring en siektes veroorsaak.

Respiratoriese etiket is ook essensieël en individue moet hul mond en neus met ‘n gebuigde elmboog of sneesdoekie bedek as hulle hoes of nies.

‘n Gebruikte sneesdoekie moet veilig weggegooi word.

Sosiale distansiëring is die nuwe norm.

Probeer om teminste twee meter wegstaan van mense in jou omtes.

Vermy ook alle sosiale byeenkomste en reis as dit net noodsaaklik is.

Die dra van ‘n lapmasker is ‘n vereiste in die openbaar, aangesien dit die verspreiding van COVID-19 kan beperk.

Die gebruik van ‘n masker alleen is egter onvoldoende om beskerming te bied, tensy bogenoemde drie maatreëls toegepas word.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES