Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man kry 18 jaar tronkstraf na hy sy meisie doodsteek
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

Die polisie in Kimberley het onlangs die vonnisoplegging van ‘n 30-jarige man verwelkom.

Ricardo Ruiters Spei is 18 jaar tronkstraf opgelê nadat hy sy meisie (24) sewe jaar gelede vermoor het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat ‘n argument tussen die man en die slagoffer gelei het na die moord.

Dit kom nadat die man saam met sy vriende en familie in die Victoria-Wes omgewing gekuier het.

‘Die hewige argument het daarna onstaan en Spei het sy meisie met ‘n skerp voorwerp, doodgesteek.’

Spei is verlede week in die Victoria-Wes streekhof gevonnis vir die moord.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES