Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

NFM maak gereed vir #Soupdrive2020
Foto: Radio Nfm "SoupDrive" veldtog

Die jaarlikse winterprojek van Radio Nfm 98.1, Soupdrive en Blanket Campaign skop amptelik af aan die einde van Mei.

Verlede jaar was Vedanta Zinc International die hoofborg van die liefdadigheidsprojek wat alreeds die afgelope jare verligting gebring het aan gemeenskappe in die Namakwa streek.

Verlede jaar het die Soupdrive-span gefokus op besoeke aan skole in die Khai-Ma en Nama Khoi areas.

Vedanta se ‘Anti-Bullying‘ veldtog was ook verlede jaar met die SoupDrive geloods. Die veldtog het ten doel om bewusmaking te kweek oor die negatiewe impakte wat boelies op leerders kan hê.

Tydens die besoeke aan skole, het Bertie Saal van die Departement Sport, Kuns en Kultuur, met die leerders gesels oor die belangrikheid van lees.

Om die sukses van diè jaar se SoupDrive te verseker, het Radio NFM die hulp van die breë gemeenskap en plaaslike besighede nodig.

Die hoofdoel van die projek om armoede tydens die winterseisoen te verlig.

Skenkings in die vorm van sop-produkte, komberse, of ‘n finansiële en brandstof bydrae kan gemaak word tot Radio Nfm se uitreikingsprogram.

Kontak Radio NFM vir enige bydrae by 027 744 1610 of verdere navrae.

Tydens die SoupDrive sal alle COVID-19 veiligheidsmaatreëls toegepas word deur die SoupDrive-span.

Maak gebruik van Radio NFM se bank  besonderhede om ‘n finansïele bydrae te lewer:

Rekeningnaam: Radio NFM 98.1

Bank: Standard Bank

Rekeningnommer: 082 377 618

Tak: Springbok

Kontak WhatsApp nommer: 082 494 1361

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES