Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Polisie trek vier persone plat vir onwettige tabakprodukte
Image: saps.gov.za

Die Noord Kaapse polisie gaan onverpoosd voort om rampbestuur en inperkingsregulasies in die provinsie af te dwing.

Die polisie het in verskeie voorvalle altesaam meer as ‘n half-miljoen rand se tabakprodukte vanaf vier verdagtes gekonfiskeer.

 

Die polisie op Calvinia het twee mans van 29 en 35 jaar oud gearresteer tydens ‘n padblokkade in die omgewing.

Die twee verdagtes was in besit van sigarette gevind en in hegtenis geneem.

‘n Polisiewoordvoerder, Brig. Mohale Ramatseba, het gesê die waarde van die onwettige tabakprodukte beloop R550 000.

Die polisie het die tabakprodukte van die verdagtes gekonfiskeer.

Albei verdagtes sal binnekort in die Calvinia-landdroshof verskyn.

 

In ‘n ander voorval het twee polisie beamptes op Kimberley, ‘n 39-jarige man in hegtenis geneem toe hy in besit was van verskeie tabakprodukte.

Die polisie het ‘n verdagte motor afgetrek en deursoek.

Tydens die deursoeking is siggarette, ‘n waterpyp (hookah pyp) en Boxer-tabak gevind en van die verdagte gekonfiskeer.

Brigadier Ramatseba het gesê dat die tabakprodukte ‘n beraamde straatwaarde het van R15 000.

Die tabakprodukte is in die spaarwiel van die motor gevind.

Brigadier Ramatseba voeg by dat die verdagte ‘n boete opgelê was van R5 000 vir die vervoer van onwettige tabakprodukte tydens die nasionale staatsinperking.

Foto Verskaf
Foto Verskaf

 

Intussen het die polisie op Postmasburg twee buitelanders (albei 39) in hegtenis geneem tydens ‘n padblokkade.

Die polisie het afgekom op onwettige siggarette wat versteek was in ‘n aartappelsak.

Die gekonfiskeerde tabakprodukte se waarde is onbekend.

Brigadier Rametseba sê daar is ‘n totaal van 450 motors deursoek.

Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Foto Verskaf
Foto Verskaf
Foto Verskaf
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES