Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Verkragter kry lewenslank agter tralies
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

‘n Man is verlede Vrydag lewenslank tronkstraf opgelê in die hof op Carnavon in die Noord-Kaap.

Die verkragtingsvoorval het in April 2018 plaasgevind toe die slagoffer vir vervoer gewag het.

Die slagoffer was vanaf Carnavon oppad na Victoria-Wes toe die voorval plaasgevind het.

Henry Ghala het die 26-jarige vrou verkrag en is dieselfde dag gearresteer.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Generaal Risimati Shivuri het die vonnisoplegging verwelkom.

Ghala is borgtog van R500 toegestaan met voorwaardes dat hy nie met die slagoffer en getuies in kontak mag wees nie.Car

Tydens polisie-ondersoeke is daar ontdek dat Ghala MIV-positief iss en bewus was van sy MIV-status toe die voorval plaasgevind het.

Ghala is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting en 15 jaar vir poging tot moord.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES