Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Noord-Kaap verwelkom 11 Kubaanse dokters
Fotos: Verskaf

Die Premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul en Mase Manopole, LUR vir gesondheid, het 11 Kubaanse dokters verwelkom wat ontplooi is na die Noord-Kaap.

Hierdie dokers is getaak om die COVID-19-infeksiekoers te bestry.

Die ontplooiïng van die dokters na die verskillende provinsies vorm deel van die regering se aksie om COVID-19 te oorwin.

‘n Verwelkomingseremonie was gister, 18 Mei gehou by die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid se kantore.

Sewe huisdokters, een epidemioloog, een biostatikus en twee spesialiste in gesonheidstegnologie vorm die mediese span.

Hulle sal met hul take begin na hul weeklange oriëntasie- en na verskillende distrikte uitgestuur word.

Sommige van hierdie uiters bekwame gesondheidswerkers was op die voorpunt om ander uitbrake in die wêreld te beveg, soos Cholera in Haïti in 2010, en Ebola in Wes-Afrika in 2013.

Prosedures wat gedoen gaan word sluit in die algemene epidemiologiese reaksie op COVID-19, toesig wat gehou word  oor die virus in die provinsie asook die koördinering daarvan in elke gebied.

Die maatreëls vir infeksies en voorkoming gaan versterk word in distrikte en provinsies.

Daar gaan ook na gehalteversekering van die daaglikse verslae oor die vordering en hantering van besmette gevalle gekyk word, die aantal sterftes, isolasie en kwarantynmaatreëls.

Die departement monitor ook die siftingstoetse wat in alle distrikte uitgevoer word.

Belangrike aspekte wat verbeter gaan word sluit in die kliniese hantering van die positiewe COVID-19 pasiënte tuis, in kwarantyn of isolasie, sowel as hospitaalgevalle.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES