Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Kimberley winkel-eienaar in hof vir onwettige siggarette
SIT FOTO ONDERSKRIF BY

Nóg ’n winkeleienaar op Kimberley het aan die verkeerde kant van die Wet op Rampbestuur beland na hy geboei is glo vir die onwettige verkope van sigarette.

Die regulasies van die wet sluit egter in dat die verkoop van tabakprodukte en alkohol tydens die staatsinperking, steeds verbode is.

‘n Provinsiale polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het gesê dat die polisie ‘n supermark in Kimberley deursoek en op sigarette, waterpyp-tabak (hookah pipe tabak), pyptabak en snuif wat in die winkel versteek was, beslag gelê het.

Foto: Verskaf

Die verdagte is in hegtenis geneem omdat hy die Rambestuurregulasies verontagsaam het en in besit was van onwettige tabakprodukte.

Hy sal na verwagting vandag voor die landdroshof in Kimberley verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES