Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Noord-Kaap bevestig eerste COVID-19 sterfte
Illustrasie foto:Viktor Forgacs on Unsplash

Die Covid-19 virus het sy eerste slagoffer in die provinsie geeïs toe ’n 60-jarige vrou in die Frances Baard-distrik in die hospitaal opgeneem is vir hartversaking.

Die departement van gesondheid het bevestig dat die koronavirus die oorsaak van haar dood is.

Die ouer vrou het positief getoets vir die virus nadat sy geïdentifiseer was as iemand wat onlang buite die provinsie gereis het.

Die LUR vir gesondheid in die Noord Kaap, Mase Manopole, het haar meegevoel met die familie betuig.

Sy het ook die gesondheidspersoneel bedank wat na die vrou se mediese sorg omgesien het.

Manopole doen ‘n beroep op die gemeenskap om kalm te bly en al die maatreëls vir infeksiebeheersing toe te pas deur ‘n sosiale afstand te handhaaf, hande met water en seep te was, of om hand-ontsmettingsmiddels te gebruik asook die dra van lapmaskers.

Die nuutste Covid-19 syfers in Suid-Afrika is gisteraand deur die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 767 gestyg, wat die totaal tot 17 200 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bring.

Die land se sterftesyfer staan op 312 en 7 960 persone is al van die virus genees.

Die Noord-Kaap provinsie het intussen sy eerste sterfte aangeteken.

Die 60-jarige vrou wat in die plaaslike munisipaliteit Phokwane in die Frances Baard-distrik gewoon het, is onder meer met komplikasies opgeneem in ‘n gesondheidsinrigting met hartversaking.

Tot op hede is 907 822 siftings toetse gedoen en 4 133 gevalle is verwys vir COVID-19 toetsing in die Noord-Kaap provinsie.

Die provinsie het tot op hede 37 positiewe gevalle aangemeld waarvan 27 persone reeds herstel het.

Verder, is die gemeenskapsgesondheidsentrum op Jan Kempdorp, waar die vrou woonagtig was, gesluit vir verdere toelating van pasïente.

Monsters van personeel en pasïenste is geneem en gestuur om deur die laboratorium getoets te word.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES