Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Okiep Hoërskool gaan gebuk onder misdaad
Foto verskaf

Gedurende die staat van inperking, het vandalisme handuit geruk, ongeag die pleidooi wat ministers en die LUR’e op gemeenskappe in hul provinsies gemaak het.

Die Okiep Hoërskool is geen vreemdeling van misdaad en vandalisme nie, daarom het die LUR vir onderwys, Mac Jack vroeër ‘n beroep gedoen op gemeenskappe in die provinsie om op die uitkyk te wees vir onwettige aktiwiteite by skole gedurende die inperking.

Maar, dit blyk asof hierdie pleidooi op dowe ore geval het.

Dit nadat die aandklokreël ingestel was vanaf 20:00 saans tot 05:00 soggens, om beweging te verminder.

Dennis Coetzee, voorsitter van die Gemeenskaps-Polisïeringsforum op Nababeep het aan NFM Nuus gesê dat hulle steeds onverpoosd voortgaan om misdaad in die gemeenskappe aan te spreek.

Coetzee sê die inperking maak dat selfs die GPF beperk is met beweging.

Piet van Rooyen, voorsitter van die skool se beheerliggaam het gesê dat diè skool al die derde keer vandat die staat van inperking begin het, geplunder word.

“Dit is kommerwekkend, omdat dit die skoolgemeenskap  se eie kinders is wat dit doen.”

‘Dit is tragies om te sien hoe die skool bietjie vir bietjie afgebreek word.’

Van Rooyen sê die gemeenskap staar hul egter blind aan die uitdagings wat die skool ervaar. “Niemand wil na vore kom om die misdadigers uit te wys nie.”

Van Rooyen het gesê klaskamervensters se knippies is gesteel en skade is aan deure gerig.

Ondersoeke in hierdie voorvalle duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES