Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Polisie vind dwelms versteek in rekenaar
Foto: Verskaf

Die polisie in die Noord Kaap het onlangs dwelms ter waarde van meer as R130 000 gekonfiskeer.

Dit kom nadat ‘n polisielid by ‘n winkel op die N1 was toe hy ‘n verdagte man in ‘n motor sien klim en wegry.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het die voorval bevestig en gesĂȘ die polisie het na die area gegaan om ondersoek in te stel.

Met die polisie se aankoms is daar gevind dat die verdagte persoon ‘n rekenaarkassie agtergelaat het, vermoedelik vir iemand om dit te gaan optel.

Tydens deursoeking het die polisie drie plastiek sakkies met 300 Mandrax-tablette en drie sakkies tik gevind.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

‘Die dwelms het ‘n beraamde straatwaarde van R133 000.’

Die polisie ondersoek die saak verder.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES