Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Man gearresteer vir die besit van gesteelde goedere
Foto verskaf: Ra Dragon @radragon

‘n 26-Jarige man is vandeesweek deur die Kimberley polisie in hegtenis geneem.

Dit kom nadat hy in die besit was van vermoedelik gesteelde goedere.

Die polisie het inligting ontvang oor gesteelde koperpype in die verdagte se besit en die wenk opgevolg.

‘n Provinsiale Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die verdagte in besit was van gesteelde koperpype.

Die verdagte is in hegtenis geneem en word tans aangehou vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

‘Die gesteelde koper het ‘n beraamde straatwaarde van R3 500.’

Hy word binnekort verwag om sy verskyning in die Kimberley-landdroshof te maak.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES