Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Dokter in Kimberley toets positief vir COVID-19
Illustrasie foto:Viktor Forgacs on Unsplash

‘n Dokter by die Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal in Kimberley het vandeesweek positief getoets vir COVID-19.

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het haar uitslae bevestig en gesê dat sy tans in self-isolasie is.

Die hospitaal se gesondheidspanne is tans besig om kontakspoor te doen deur almal te toets en in kwarantyn te plaas, wat met die dokter in kontak en aanraking was.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit se gesondheidspanne het oornag gewerk om die Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal te ontsmet.

Intussen het die minister van die departement van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, aangekondig dat die land sy eerste neo-natale sterfte bevestig het.

‘n Twee-dae-oue baba het gister gesterf nadat hy die virus van sy positief getoetsde moeder gekry het.

Die land se COVID-19 dodetal staan tans op 339, nadat nog 27 sterftes aangemeld is.

Die land het tot op hede 18 003 bevestigde COVID-19 gevalle en 8950 hiervan het alreeds herstel.

Die Noord Kaap het 38 bevestigde gevalle, een korona-verwante sterfte en 27 herstellings.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES