Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Ouers van matrieks bekommerd oor heropening van skole
Illustrasie foto : Akara Yoth Tat on Unsplash

Ouers is nie bereid om hul kinders se lewe op die spel te plaas of om die risiko te loop deur hul kinders skool toe te stuur nie.

Dit kom te midde die uitbreking van die coronavirus pandemie.

Suid Afrika nader sy sestigste dag van die staat van inperking.

Die skole was gesluit as gevolg van die pandemie en op Dinsdag, 20 Mei het die minister van onderwys, Angie Motshekga aangekondig skole sal heropen vir graad twaalf en sewe leerders op 1 Junie.

Radio NFM Nuus het saam met die ouers van matriekleerders gesels oor hul gevoel oor die skole wat heropen.

Ouers is egter bekommerd oor die gereedheid van die department en of die sisteme in plek genoeg sal wees.

 

‘n Ouer is van mening dat kinders op skool die virus onbewus kan opdoen.

Die COVID-19 syfers groei by die dag en staan op 19 137.

Nog ‘n ouer het genoem: “Al kom staan die minister met sy weermag voor my, ek sal nie my kind skool toe stuur nie.”

Baie van die ouers is ook bekommerd dat die fokus op die virus die leerders se aandag kan aflei – en hulle sodoende sal laat onderpresteer in die reeds beperkte akademiese skooljaar.

Ouers is ook van mening dat die heropening van skole opnuut broeikaste vir die coronavirus kan teweegbring.

 

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES