Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Polisie vang koperdief en dwelmhandelaar in Kimberley
Foto: Verskaf

Die polisie op Kimberley was vroeër hierdie week besig met misdaadvoorkomingspatrollies toe hulle ‘n verdagte motor opmerk.

Die persone in die wit Nissan bakkie is gesien hoe hulle sakke van die bakkie aflaai.

Die polisie het daarna die sakke gaan deursoek en gevolglik die bakkie afgetrek.

Polisie woordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat koper met ‘n waarde van R12 212 gevind is in 3 verskeie sakke.

Die verdagte is in hegtenis geneem.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Intussen het die polisie met behulp van die honde-eenheid en misdaadintelligensie ‘n dwelmhandelaar aangekeer.

‘n Provinsiale polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het gesê dwelms soos mandrax-tablette, tik en dagga is in die verdagte se besit gevind.

Die inhegtenisneming het gevolg nadat informasie ontvang is oor ‘n man wat in die Florenville-omgewing handel dryf met dwelms.

Albei verdagtes het die 20ste Mei in die Kimberly-landdroshof verskyn

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES