Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Noord Kaap nou op 40 Covid-19 gevalle
Illustrasie foto:Viktor Forgacs on Unsplash

‘n 80-Jarige vrou is die 40ste persoon wat positief getoets is vir die COVID-19 virus in die Noord Kaap, het die ministerie van gesondheid gister bekend gemaak.

Die virus het die lewe van van een persoon in die Noord Kaap geeïs, terwyl agt en twintig persone van dit herstel het.

Dit laat elf aktiewe positiewe mense in die Noord Kaap.

Daar is ses aktiewe positiewe persone in die Frances Baard-distrik, twee elk in die John Taolo Gaetsewe- en die ZF Mgcawu-distrikte, en een in die Pixley ka Seme-distrik.

Tot op hede was daar 1 024 479 siftings toetse gedoen, ‘n toenemende persentasie mense sal meer as een keer getoets word, afhangende van waar hulle woon, reis of werk.

Die aantal mense wat getoets moet word vir COVID-19 het ook toegeneem en staan nou op 5 022 mense.

Die Covid-19 sterftesyfer het in Suid-Afrika met nog tien tot 407 gestyg.

Die COVID-19 getal staan tans op 21-duisend-343, van wie 10-duisend-104 herstel het.

Die ministerie van Gesondheid het in sy jongste verklaring gesê meer as 560-duisend mense is sover vir die coronavirus getoets, met meer as 21-duisend die afgelope 24-uur.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES