Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
COVID-19 mik na 50 in Noord-Kaap
Illustrasiefoto: Martin Sanchez op unsplash

Die Noord-Kaap was tot dusver die provinsie met die minste positiewe COVID-19 bevestigde gevalle, alhoewel hierdie getal steeds styg.

Die provinsie het gister ‘n toename in coronavirus-gevalle getoon.

Drie persone het positief getoets wat die totale bevestigde gevalle in die provinsie laat op 48.

Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid, sê die nuwe gevalle is al drie in die Pixley ka Seme-distrik aangemeld.

Een persoon is woonagtig in die Ubuntu plaaslike munispale distrik en twee woon in die Umsobomvu plaaslike munisipale distrik.

Die opsporingspanne het vasgestel dat die persone onlangs buite die provinsie gereis het.

Die Noord-Kaap het 30 herstellings en een COVID-19 verwante sterfte aangeteken.

Daar is dus 17 aktiewe COVID-19 gevalle in die provinsie.

‘Agt gevalle is in die Frances Baard-distrik, ses in die Pixley ka Seme-distrik en drie in die ZF Mgcawu-distrik.’

Die Minister van Gesondheid het gister die jongste COVID-19 syfers bekendgemaak.

Daar is tot op hede 25 937 bevestigde COVID-19 gevalle in Suid-Afrika, wat beteken dat die aantal met 1 673 gevalle gestyg het, na die vorige aankondiging.

Die land se sterftesyfer staan op 552 en 13 451 persone is al van die virus genees.

Landsburgers word dus steeds gemaan om die COVID-19 veiligheidsmaatreëls toe te pas om hulself en ander te beskerm teen die virus.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES