Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Noord-Kaap betreur afsterwe van ouma Griet

Die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur het vandag haar meegevoel betuig met die familie en vriende van ouma Griet Seekoei.

Conrad Fortune, ‘n woordvoerder vir die departement sê in ‘n verklaring dat Seekoei èèn van die vier mense in Suid-Afrika was, wat die N|uu-taal kon praat.

Die N|uu-taal is ongeveer 25 000 jaar oud en dit was gepraat deur die San-mense.

Seekoei was deel van die stryders wat geveg het om hierdie taal in die land te preserveer.

Hulle wil verseker dat hierdie taal voortleef in al sy kulturele prag.

“Ouma Seekoei se deursettingsvermoë het tot die Afrika-erfenis waarop menigte bruin mense vandag nog op trots is, bygedra.”

NFM deel hiermee ook sy medelye met die Esau en Seekoei families.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES