Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Dwelmhandelaars loop hulle vas tydens inperking

Die polisie op Galeshewe het oor die naweek tydens ‘n klopjag op Mandrax-tablette in die area beslag gelê.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat die polisie inligting ontvang het oor twee huise wat handel dryf in dwelms en die twee huise deursoek.

Drie manlike verdagtes is onderskeidelik van die twee huise in hegtenis geneem.

Die polisie het op die eerste perseel, 56 mandrax-tablette en 10 kwart mandrax-tablette van die verdagtes gekonfiskeer.

Foto: Verskaf

Die twee verdagtes was onmiddelik in hegtenis geneem.

Op die tweede perseel, is nog ‘n manlike verdagte platgetrek nadat hy in besit was van 100 mandrax-tablette.

Die polisie het ook ’n aansienlike bedrag kontant van die verdagte gekonfiskeer.

Die beraamde straatwaarde van die dwelms beloop R11 000, in totaal.

Albei verdagtes sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES