Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Verkragter kry lewenslank agter tralies
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

‘n 24-Jarige verkragter is op 3 Junie 2020 in die De Aar-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op vier klagtes van die verkragting van ‘n 28-jarige vrou.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê die verkragting het reeds in Julie 2017 plaasgevind.

Kock het gesê die vrou het op die aand van haar nagmerrie, omstreeks 21:00 oppad was om ‘n vriendin te besoek toe sy deur haar verkragter aangekeer was.

“Die vrou was in ‘n huis gedwing wat leeg gestaan het.”

”Die verkragter het die slagoffer daarna op die grond gedwing, haar eers aangerand en toe herhaaldelik verkrag.”

Die beskuldigde is vyf dae later gearresteer nadat die polisie inligting van die gemeenskap ontvang het, sê Kock.

Die beskuldigde het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging.

Kock het gesê die polisie verwelkom die vonnisoplegging van die verkragter.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES