Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Reeksverkragter kry 441 jaar tronkstraf
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het gister, 05 Junie, die maksimum lewenslange tronkstraf aan Ndumiso Giyani, ‘n reeksverkragter, opgelê.

Giyani het die gemeenskappe van Kimberley, Galeshewe en Kaghiso van 2014 tot 2018 met sy misdrywes geteister.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock sê die polisie het intense ondersoeke geloods en eers die verdagte op 24 Januarie vanjaar vir verskeie klagtes in hegtenis geneem.

‘Giyani is op 11 November 2019 in die hooggeregshof in Kimberley skuldig bevind aan 14 klagtes van verkragting, 12 klagtes van roof met verswarende omstandighede, 2 klagtes van poging tot roof met verswarende omstandighede en 6 klagtes van ontvoering.’

”Regter Mathebe Phatshoane het bevestig dat Giyani nie ‘n plek in die samelewing verdien nie en ‘met wortel en tak verwyder móét word.”

Die vonnisse is soos volg opgelê:

-Drie lewenslange vonnisse op drie aanklagte van verkragting;

-19 jaar gevangenisstraf elk op 11 aanklagte van verkragting;

-15 jaar gevangenisstraf elk op 12 aanklagte van roof met verswarende omstandighede;

-14 jaar op 1 aanklag van poging tot roof met verswarende omstandighede en

-5 jaar gevangenisstraf elk vir 6 aanklagte van ontvoering.

Kock het bevestig dat die provinsiale polisie die vonnis wat aan die reeksverkragter opgelê is verwelkom.

Alle vonnisse sal, gelyktydig met die 3 lewenslange vonnisse, uitgedien word.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES