Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Werkers van drankwinkel agter tralies
Foto: Verskaf

Die polisie op Kuruman het oor die naweek twee vroue in hegtenis geneem nadat hulle die rampbestuurregulasies oortree het.

Die twee vroue is werksaam by ‘n drankwinkel op Kuruman, en was Saterdag, 06 Junie deur die polisie aangekeer toe hulle alkohol oor die naweek verkoop.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramasteba het gesê dat die polisie inligting ontvang het wat lui dat die verdagtes steeds drank verkoop en sodoende die rampbestuurregulasies oortree.

”Die polisie het die drankwinkel deursoek en beslag gelê op drank ter waarde van R3 100.”

Die twee vroue is in hegtenis geneem en sal binnekort voor die Kuruman-landdroshof verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES