Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Gemengde gevoelens oor reёnval heers in sopnat Namakwaland.
Foto: Verskaf

Swaar reëns en die bitter koue het op ’n ramp afgeloop vir inwoners op Steinkopf.

Die reёn het dwarsdeur sinkstrukture gedring, tot binne in huishoudings en verwoesting gesaai oor hul besittings.

Een van die slagoffers se 5 maande oue baba, se warm klere en kombersies was ook in die slag en het sopnat gereёn.

Hier volg fotos:

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het onlangs gewaarsku dat ’n sterk kouefront sekere dele van die land vandeesweek sou tref.

Namakwalanders en veral die boere in die streek het geborrel van vreugde, omdat die droogtegeteisterde gebied uiteindelik reёn ontvang het.

“Ons brandende liefde vir die natuur asook hul liefde om te boer, hulle leer om aan te hou, uit te hou en op God te vertrou, ten spyte van al die uitdagings wat die droogte in Namakwaland bied,’’ het van die boere laat hoor.

NFM nuus het voorheen verslag gedoen oor die voortslepende droogte toestande in die Noord-Kaap provinsie.
Opgewondenheid oor reёn was egter tevergeefs

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES