Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Swanger vrou gehang aan boom
Foto: Verskaf

Tshegofatso Pule (18) is verlede week deur die polisie gevind waar sy aan ‘n boom hang met steekwonde op haar liggaam.

”Ondersoeke het getoon dat Pule agt maande swanger was ten tye van die voorval.”

Pule het nooit na haar woning teruggekeer na ’n argument met haar kêrel verlede week Donderdag.

Na ’n soektog wat vier dae lank geduur het, is haar liggaam deur ’n lid van die publiek gevind.

Die polisie sê dat sy eenkeer deur haar linkerbors gesteek is en dat ’n moordondersoek geloods is.

Haar kêrel bly ongeveer 15 minute weg van haar familiehuis af.

Na haar argument met haar kêrel het sy ’n Uber geboek.

Sy is laaste gesien op  beeldmateriaal van ‘n kringtelevisie waar sy in die Uber inklim en daarna het die voertuig gery.

Haar familie vertel dat beide sy en haar kêrel later nie meer hulle selfone opgetel het nie.

Die lid van die publiek wat op haar afgekom het, het kontak gemaak met haar familie en hulle na haar liggaam gelei.

Suid-Afrika se minister vir vroue, Maite Nkoana-Mashabane, het die moord ’n “skande” vir ons samelewing genoem.

Sy sê ook dat Suid-Afrikaners nooit moet toelaat dat geslagsgebasseerde geweld nie ’n norm in ons gemeenskappe moet word nie.

“Vrouens moet nie hulself hoef te beskerm teen mans nie. Hulle het die reg om veilig te voel.”

“Hoeveel meer vroue, jong meisies en kinders moet lewe in konstante vrees om aangeval te word”

Die polisie het egter nog nie ’n verdagte geïdentifiseer nie.

Please follow and like us:
News
Live Updates COVID-19 CASES