Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man verkrag gló blinde bejaarde vrou
Illustrasie Foto: Cristian Newman op Unsplash

Die Kimberley polisie het gister twee verdagtes (32 en 48 jaar oud) vir twee afsonderlike voorvalle van moord en verkragting in hegtenis geneem.

Die 32-jarige man is in hegtenis geneem op ‘n klag van die verkragting van ‘n 72-jarige blinde vrou.

Na bewering het die voorval op 17 Junie in die huis van die slagoffer op Siyathemba plaasgevind.

Polisie woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die verdagte nie borgtog toegestaan sal word nie.

‘n Hewige agrument tussen die verdagte en sy meisie het onstaan en die verdagte het sy meisie en haar suster aangerand.

“Die suster het gevlug en daarna het die verdagte hul blinde ouma verkrag.”

Ramatseba sê dat ‘n 72-uur-aktiveringsplan geïmplementeer is.

Die verdagte is gisteroggend op Olifantshoek gearresteer.

Die verdagte sal binnekort sy verskyning in die hof maak op ‘n klag van verkragting.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES