Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Garies vermeende koperdief agter tralies
Foto: Verskaf

Die polisie op Garies het op Saterdag, 20 Junie ‘n 50-jarige man in hegtenis geneem toe hy in besit van koperkabels gevind was.

Die polisie het hom op heterdaad betrap, toe hy besig was om die kabels brand te steek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê die polisie was besig met roetinepatrollies op Saterdag toe hulle ‘n brand opgemerk het.

By nadere ondersoek het die verdagte te voet gevlug. Die polisie het die verdagte oomblikke later platgetrek.

Die polisie het die gebrande koperkabels gekonfiskeer.

“Die geraamde waarde van die koperkabels beloop R10 000.”

Die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES