Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Polisie besoek slagoffers van seksuele geweld
Foto: Verskaf

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Kimberley het op Vrydag, 19 Junie na oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld en hul gesinne uitgereik ter herdenking van Jeugmaand.

Die polisielede het vier oorlewendes van seksuele misdrywe en aanrandingsake tussen die ouderdomme van 6 tot 13 jaar bespreek.

Die oorlewendes was vergesel deur familielede na die polisiestasie op Ritchie.

“Die doel van die besoek was om solidariteit te toon met die slagoffers van seksuele misdrywe en deurlopende ondersteuning te bied.”

Kospakkies en gemakspakkies, geborg deur Matla a Bana, is onder die gesinne versprei.

Kolonel Mashay Gamieldien bevestig dat gesigsmaskers ook aan die slagoffers voorsien om die verspreiding van COVID-19 te bekamp.

Beide die slagoffers en hul gesinne het hul dank uitgespreek vir die lekkers en kospakkies omdat hul ouers werkloos is.

Brig Nicky Mills, die provinsiale hoof van FCS in die Noord-Kaap, het gesê die polisie sal aanhou om berading en ander ondersteuningsdienste aan die slagoffers en hul gesinne van geslagsgebasseerde geweld te bied.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES