Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Polisieman skiet meisie – toe homself
Illustrasie foto: Max Kleinen on Unsplash

‘n 28-Jarige vrou is gisteroggend omstreeks 01:00 gedurende oggendure deur ‘n 37-jarige polisiesersant doodgeskiet.

Volgens die polisie het ‘n hewige argument tussen die twee gelei tot die skietvoorval.

Die moord het op Colesberg in die Noord-Kaap plaasgevind.

‘n Woordvoerder vir die polisie Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die polisiesersant het Sondag vroegoggend met sy meisie begin stry.

Die argument het daartoe gelei dat die slagoffer geskiet was en sy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.

“Ramatseba sê nadat die verdagte die slagoffer geskiet het, het hy die wapen op homself gerig.”

Die verdagte het sy selfdood-poging oorleef en is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat is in kennis gestel om hul onafhanklike ondersoeke uit te voer.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES