Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Kassier in hof vir halfmiljoen rand se bedrog
Foto: www.saps.gov.za

Die Valke in die Noord-Kaap het op Maandag, 22 Junie die hofverskyning van ‘n 37-jarige verdagte weens beweerde bedrog en diefstal verwelkom.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi sê dat die verdagte as kassier in diens was by ‘n bekende supermark in Schmidsdriftweg in Kimberley.

“Ondersoeke het bewys dat die verdagte tussen Maart en Junie 2019, die winkel met R500 000 bedrieg het.”

Na bewering het die verdagte tydens verskillende geleenthede die bedrog gepleeg.

Al die opgawes is deur die toesighouer van die verdagte gemagtig onder die indruk dat dit betaal was.

Dit terwyl daar geen klante was wat die goedere terugbesorg het nie.

Verdagte sal na verwagting op 17 Julie voor die landdroshof in Kimberley verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES